Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vervolging: 'n katalisator vir kerkgroei - 28 Oktober 2026

Imogen Campbell
 
Die gelowiges wat uitmekaar gejaag is, het so ver as wat hulle gegaan het, die evangelie verkondig. Handelinge 8:4, 1983-vertaling
 
Om vir Christus te leef, het soms die dood van gelowiges tot gevolg. In Johannes 15:20 sê Jesus baie duidelik: "As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg."
 
Jare gelede het God my gelei om van die gedeeltes wat oor die eindtye handel in die Bybel te ontdek. Op daardie stadium was daar min tekens van dit wat daar genoem word, maar 'n dekade of wat later en dit is hoofstroom nuus.
 
Soos oorloë, gerugte van oorloë en nasies se woede teen mekaar voortduur, en soos ons hoor van hongersnood en aardbewings as voorlopers van 'n tyd van groot lyding, dink 'n mens onwillikeurig aan Jesus se woorde wat in Matteus 24:9 opgeteken is: “Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely."
 
Vervolging is niks nuuts nie. Saulus van Tarsus – 'n plek wat steeds in die hedendaagse Turkye so genoem word – was instrumenteel in die vervolging wat die vroeë kerk in Jerusalem beleef het.
 
In Handelinge 8:1-4 lees ons hoe Saulus die steniging van Stefanus goedgekeur het en daarop uit was om Christene dood te maak. Ons sien egter ook dat God hom in sy spore gestop het. Later het God aan hom gewys hoeveel hy vir die Here se Naam sou ly.
 
Soos genoem in ons teksvers, was die effek op die kerk omvangryk. Die evangelie het soos 'n veldbrand versprei.
 
'n Gelowige man, Polycarpus, was op 'n tyd die biskop van Smirna, naby Efese, ook geleë in die hedendaagse Turkye. Volgens oorlewering was hy van die laastes wat aan die voete van die apostel Johannes gesit het. Nog 'n ooreenkoms met Paulus, wat aan die voete van Gamaliël gesit het.
 
Toe hy ongeveer 86 jaar oud was, is Polycarpus tydens 'n tyd van vervolging deur die Romeinse owerhede gevange geneem. Daar is van hom verwag om sy geloof in God af te sweer en aan Caeser trou te sweer. In 'n verslag oor sy marteling is dit aangeteken dat hy geweier het en baie duidelik verklaar het dat hy weet wie sy Koning is en dat hy Hom nie kon verloën nie.
 
Hy is ter dood veroordeel om op die brandstapel te sterf. Volgens oorlewering is hy aan die brand gesteek, maar die vuur het net om hom gebrand en in plaas van om hom dood te brand, het dit 'n soet geur versprei. Om hom dood te maak, het hulle hom toe met 'n dolk gesteek. Klink dit bekend? Sy bloed het die vlamme geblus.
 
Deus Vult (as God wil) het 'n Middeleeuse ridder miskien uitgeroep wanneer hy die stryd betree. Polycarpus het tot die einde die stryd gestry. Wat sal jou vurige geloofsywer blus?
 
Gebed: Here, niemand wil sterf nie. Help ons om vas te staan in ons geloof. Amen
Next article: Sterf ter wille van die saak - 27 Oktober 2026 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.