Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Maand van Spreuke - 30 Maart 2026

Ruanne van Zyl
 
'n Geduldige mens is baie verstandig; een wat kort van draad is, stel sy dwaasheid ten toon. Spreuke 14:29, 1983-vertaling
 
Geduld is 'n kragtige, maar dikwels onderskatte karaktereienskap. Dit beteken nie net wag nie, maar hoe ons wag en reageer in uitdagende situasies. Geduld toon selfbeheersing, wysheid en vertroue in God se tydsberekening.
 
Ons wil dikwels vinnige oplossings hê, maar God se tydsberekening is perfek. Geduld help ons om nadenkend te reageer, konflik te vermy en verstandige besluite te neem. Dit beskerm ons en ander teen onnodige skade.
 
Geduld begin in ons harte. Wanneer ons innerlik kalm bly en nie deur emosies beheer word nie, kan ons wys optree. God se Gees help ons om geduldig te wees, selfs in frustrerende of moeilike omstandighede.
 
Groot verstand gaan hand aan hand met geduld. Dit leer ons dat wysheid nie net kennis is nie, maar hoe ons dit prakties uitleef in lewe en verhoudings.
 
Gebed: Here, leer my om geduldig te wees. Help my om nie gejaagd te reageer nie, maar kalm, verstandig en in geloof te handel. Amen.

 

Previous article: Maand van Spreuke - 31 Maart 2026 Prev Next article: Maand van Spreuke - 27 Maart 2026 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.